OUDTSHOORN NUUS - Twee lede van die Oudtshoorn-fietsryklub, Louis Visser en Charlissa Schultz, het verlede Sondag uitstekend by die Wes-Kaapse padfietsrykampioenskappe in die Paarl gevaar.
Visser veral was in topvorm en het koning in die o.23- padfietswedren (137 km) gekraai en het ook die elite-titel ingepalm. Schultz het op haar beurt 'n tweede plek in die individuele tydtoets en 'n derde plek in die padfietswedren behaal.
Sy is ook gekies vir die nasionale junior vroue-fietsryspan wat tans in Egipte aan die Afrika kontinentale baankampioenskappe deelneem. Sy is daar tot 21 Januarie.
Corné Bence, nasionale fietsry-spanbestuurder, reis ook saam met die span wat uit 23 ryers elk (mans en vroue) in die elite- en junior-afdeling bestaan. Bence sal by hierdie kampioenskappe ook ander spanbestuurders oplei.
Louis Visser
Corné Bence
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'