OUDTSHOORN NUUS - Die gewilde rolbal-sakeliga het Dondermiddag by die Oudtshoorn-rolbalklub om 18:00 afgeskop. Altesaam 38 spanne het vanjaar ingeskryf met die besighede, kerke. skole en organisasies wat heerlik sosiaal met mekaar verkeer het.
Elke span het uit vier spanne bestaan met die eindstryd wat op 15 Maart plaasvind. Alle spanlede was na die wedywering voorsien van gratis hamburgers.
Die Oudthoorn Courant was ook teenwoordig by dié rolbal-sakeliga met sy eie span. In sy eerste wedstryd het hy teen Pam Golding Properties te staan gekom wat hy gemaklik met 21-3 verslaan het.
Die publiek word hartlik uitgenooi om die spanne by die rolbal-sakeliga elke Donderdag om 18:00 by die Oudtshoorn-rolbalklub te kom ondersteun.
Cindy Byleveld van Pam Golding Properties in Oudtshoorn wys rigting vir haar spanmaat aan.
Die manne het lekker burgers en vleis gebraai.
Kom ons meet bietjie watter span het die bal die naaste aan die witbal gerol. Foto's Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'