OUDTSHOORN NUUS - Yaron Venter en Anna Notten, 'n besoeker, was Saterdag onderskeidelik die mans- en vrouewenners van die 355ste Oudtshoorn-parkrun by die Surval-olyflandgoed.
Die 12-jarige Lize-Mari Mostert was met haar tweede deelname aan parkrun, die eerste junior oor die wenstreep.
Saterdag se tien vinnigste drawwers van die 64 deelnemers was:
- Yaron Venter (21:37)
- Jacques Jacobs (24:08)
- Anna Notten (24:57)
- Mzwamajama Pakade (27:00)
- Marinda Botha (27:50)
- Johann Coetzer (28:29)
- Lize-Mari Mostert (29:08)
- Gustaff Theodore Loubser (29:48)
- Mathys Myburgh (30:01)
- Melanie Fourie (30:32)
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’