OUDTSHOORN NUUS - Twee Oudtshoorniete, Stephan Swanepoel en Donnevin John het mekaar die stryd aangesê in die afgelope sportfees ope-veerpyltjie ontwikkelingstoernooi.
Swanepoel het Saterdag die eindstryd gewen.
In die mansafdeling was Carl Lenaers derde.
Iris van Zyl het die vroueafdeling gewen, Cecerah Toua en Annalize Nel het onderskeidelik die tweede en derde plekke losgegooi.
In die juniorafdeling het Edward Botha gewen en Ruben Els was tweede.
Altesaam 34 spelers het aan die toernooi by die skouterrein deelgeneem.
Zani Hugo van George in aksie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'