OUDTSHOORN NEWS - Die 314de Oudtshoorn-parkrun by Surval-olyflandgoed is Saterdag deur William van Tonder met 'n vinnige tyd van 17 minute en 58 sekondes gewen, terwyl Annamarie Naudé, wat in die vierde plek geëindig het, die eerste vrou oor die eindstreep was met haar tyd van 25 minute 51 sekondes.
Die 12-jarige gr. 6-leerder, Lian Verwey, was tweede met 'n tyd van 22 minute 18 sekondes en sy pa, Francois, derde met 'n tyd van 23 minute 49 sekondes.
Van die 39 deelnemers was die eerste tien drawwers as volg:
- William van Tonder (17:58)
- Lian Verwey (22:18)
- Francois Verwey (23:49)
- Annamarie Naudé (25:51)
- Ockert Potgieter (26:12)
- Geldre Hester Potgieter ( 26:15)
- Janine de Bruyn (26:22)
- Fanie Olivier (26:34)
- Jacques Jacobs ( 27:40)
- Albertus Kennedy (28:50).
'We bring you the latest Oudtshoorn, Klein Karoo news'