OUDTSHOORN NUUS - Van Reede 1-rolbalspan het verlede Woensdag by die Oudtshoorn-rolbalbaan die Alert Patrol-sakeliga se einstryd met 12 punte gewen en in die proses 'n kontantprys van R3 200 ingepalm.
Cookie Rollers en HCSC Weermag Siekeboeg was in die tweede en derde plek en het onderskeidelik R2 000 en R1 200 as prysgeld ontvang.
Altesaam 34 spanne het ingeskryf vir dié liga wat ses weke gelede begin het.
Top-10-spanne:
- Van Reede 1
- Cookie Rollers
- HCSC Weermag Siekeboeg
- Blacklist Security
- Great Bowls of Fire
- Kanni Worry
- Romano's
- Oudtshoorn Ford
- LimaGrain
- L&L Staalkonstruksies
Die Oudtshoorn-Tripstoernooi begin more (1 Julie en Saterdag 2 Julie) met groot pryse wat op die spel is.
Eerste prys beloop R15 000, tweede prys R10 500 en derde prys R7 500. Registrasie kan vandag (Donderdag) vanaf 17:00 tot Vrydag vanaf 08:00 by die Oudtshoorn-rolbalklub. Spel begin om 09:00 op beide dae.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'