OUDTSHOORN SPORTNUUS - Die departement van kultuursake en sport het verlede week vanaf Maandag tot Vrydag 'n vakansiesportprogram by Bridgton Sekondêr gehou wat deur sowat 40 leerders van verskillende skole in Oudtshoorn bygewoon is.
Tydens die verrigtinge het Patrick Blaauw (voorsitter van die Oudtshoorn-GPF) ook die leerders rondom maatskaplike sosiale euwels soos geslagsgebaseerde geweld, dwelm- en drankmisbruik toegespreek.
Sokker, sagtebal en krieket was van die drie sportsoorte waarop die afrigters gefokus het.
Volgens Randall May, projekkoördineerder sal die vakansieprogram in verskillende woonbuurte in Desember plaasvind. May het Blaauw na die verrigtinge vir die verversings bedank.
Die afrigters van depatement van kultuursake en sport saam met die leerders.
Een van die sagtebalafrigters, Brendan Campher (geel hemp), gee instruksies vir die leerders tydens een van die sagtebalsessies.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'