OUDTSHOORN SPORTNUUS - Die departement van kultuursake en sport se vakansiesportprogram het Maandagoggend om 10:00 by Saturnus- en Colridge primêre skole afgeskop.
Volgens een van die afrigters, Brendan Kamfer, is enige laer- of hoërskoolleerder in die Oudtshoorn-omgewing welkom om die afrigtingsklinieke tot en met Vrydag by te woon.
Die sportsoorte waarin die leerders afrigting ontvang is sagtebal, basketbal en sokker.
Een van die sagtebalafrigters, Reginald Anthony, demonstreer 'n verskeidenheid sagtebaltegnieke. Foto's: Wyndham Ewerts
Die manne oefen hul dribbelvaardighede terwyl die sokkerafrigter (Brendon Kamfer) met 'n wakende oog toekyk.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'