OUDTSHOORN SPORTNUUS - Bykans 12 atlete van die streek het Saterdag aan die Modern Pentathlon (MPA) se Eden-driekampkampioenskappe by Santos in Mosselbaai deelgeneem.
Vanjaar het heelwat minder atlete deelgeneem as gevolg van die Wes-Kaap en SA kampioenskappe wat in Bredasdorp en Durban aangebied was.
Uitslae van dié byeenkoms:
- o.11 Dogters: Anna Grabe - (goud)
- o.11 Seuns: Ryan Nagel - (goud), Ben Groenewald - (silwer)
- o.13 Dogters: Tonya Schoeman - (goud), Lucy Nagel - (silwer)
- o.13 Seuns: Liam Julyan - (goud), Johan Grabe - (silwer)
- o.17 Seuns: Stef Schoeman - (goud), Marcus Kleynhans - (silwer)
- Senior Vroue : Zane Coetzee(goud)
- Meesters Mans 40 jaar en ouer: De Wet van Niekerk- (goud)
- Meesters Mans 60 jaar en ouer: Johan Windt - (goud)
Die bogenoemde medaljewenners het gekwalifiseer om van 18 tot 19 Mei aan die Wes-Kaap driekampkampioenskappe in Bredasdorp deel te neem.
André Kleynhans (junior mans) en Debbie Strydom (vroue 40 jaar en ouer) het reeds vroeër vanjaar gekwalifiseer vir dié kampioenskappe.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'