Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Die 49ste tweekampkampioenskappe, wat die afgelope naweek in Oudtshoorn plaasgevind het, het alle verwagtinge oortref met drie SA rekords wat gebreek is.
Altesaam 862 van die land se topatlete uit 14 provinsies het aan die kampioenskappe deelgeneem. Die 50ste SA kampioenskappe sal in 2027 in Oudtshoorn plaasvind.
Rekords spat
Die volgende SA rekords is tydens die kampioenskappe verbeter:
- o. 11-meisies: Inaya Mouchli van OP met 2107.23 punte,
- o. 15-seuns: Pierre Spies van Eden met 2123.0 punte
- Seniorvroue: Jayme Sue Veraas van SFS met 2167.58 punte
- Mans 50+: Rowan Marais van WP met 2137.47 punte
- Mans 80+: Archie Markgraaf van SFS met 2055.87 punte.
WP het die spankompetisie vir die 10 jaar gewen, gevolg deur Boland, Gauteng-Noord en Eden in die vierde plek. President Blackie Swart het erelidmaatskap ontvang.
Alle atlete wat aan meer as tien SA kampioenskappe deelgeneem het, elk 'n spesiale sertifikaat tydens die spesiale galafunksie by Highgate-volstruisplaas buite Oudtshoorn ontvang.
In die juniorafdeling het Eden 'n derde plek behaal. Marsel Roos (10) en Mandi Wallace (20) is vereer vir hulle aantal deelnames aan SA tweekamp.
Eden spog vanjaar met sewe medaljes plus ses vir spesiale afdeling atlete.
Liam de Wet (o. 9-seuns - silwer), Judah Spies (o. 13-seuns - silwer), Lead Hopper (o. 15-meisies - brons) en Pierre Spies (o. 15-seuns - goud, asook 'n nuwe SA rekord).
In die skole kompetisie het Eden sy krag gewys met goeie uitslae:
Laerskole
- Laerskool George-Suid (goud, Eden)
- Laerskool Durbanville (silwer, WP)
- Laerskool Outeniqua (brons, Eden)
Hoërskole
- Hoërskool Outeniqua (goud, Eden)
- Hoërskool Durbanville (silwer, WP)
- Hoërskool Stellenberg (brons, WP)
- Verdere medaljes en toekennings:
- Leane Labuschagne (meestervroue 40+, brons)
- Marsel Roos (meestermans 40+, silwer)
- Johan Windt (meestersmans 70+, brons)
In die spesiale behoeftes afdeling: Michelle Lombard, Elizabeth Botes, Miena Baartman, Maja Ehlers, Jannie Lourens en Danie Botes almal goud verwerf.
- Junior victrix ludorum: Sizikazi Mbuqe (Grens)
- Junior victor ludorum: Reynard Grobler (Boland)
- Senior victrix ludorum: Kathleen Gey von Pittius (Boland)
- Senior victor ludorum: Pierre Spies (Gauteng-Noord)
- Beste atleet: Katleen Gey von Pittius (Boland)
- Topbaanprestasie: Willem de Beer (Gauteng-Noord)
- Topswemprestasie: Schalk van Heerden (Gauteng-Noord)
- President-medalje beker: WP
Nasionale skilde:
- Juniors WP
- Stan Walker Seniors, WP
- Les Cox Teams, WP
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’