OUDTSHOORN NUUS - SA tweekamp bied môre, 1 Februarie, die Highgate Interprovinsiaal op Oudtshoorn aan. Altesaam sewe provinsies wat WP, Eden, OP, Vrystaat, Grens en Griekwas insluit, sal weer sake uitspook.
Provinsies gebruik hierdie byeenkoms om voor te berei vir die SA kampioenskappe wat later vanjaar op 20 en 21 Maart op Oudtshoorn plaasvind.
Van Suid-Afrika se top tweekampatlete gaan mekaar weer by hierdie byeenkoms aandurf.
Verlede jaar is agt byeenkomsrekords en drie SA rekords by die interprovinsiale byeenkoms opgestel.
Sowat 616 atlete het vanjaar ingeskryf. Items vir die gestremde atlete sal uit die 400 m en 50 m-swem bestaan.
Die uitvoerende burgemeester van Oudtshoorn, Colan Sylvester, sal Saterdagoggend die verwelkoming om 07:30 by die De Jager-sportkompleks doen waarna die hardloopitems om 08:00 begin. Die swemitems sal direk daarna by die NA Smit-swembad wegspring. Toegang vir die publiek is gratis.
Die prysuitdelingfunksie sal dieselfde aand by Highgate-volstruisvertoonplaas wees. Vir enige navrae kontak Dave van der Walt by 082 773 4901.
Johan Windt. Foto's verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'