OUDTSHOORN NUUS - Die trompoppie- en rasieleier kampioenskappe het Saterdag 14 Junie by die De Jager-sportkompleks in Oudtshoorn plaasgevind.
Deelnemers het toeskouers vermaak met hul presiese passies en tegnieke.
Van Reede Junior en Senior het al hul afdelings in die Elite League (A-liga) gewen, asook die Elite League Champ of Champs wat gebaseer is op alles waarin spanne deelneem en hoe goed hulle daarin doen deur die hele seisoen.
In die Presidents-liga (B-liga) het Saturnus Primêr al hul kategorieë in die laerskole afdeling en Bridgton Primêr in die hoërskole afdeling gewen.
Hierdie is die eerste keer in Saturnus se geskiedenis dat hulle hierdie prestasie kon bereik.
Hulle het ook Saturnus Primêr en Môrester Sekondêr presteer is gekroon as die Champ of Champs vir die B-liga en kwalifiseer dus vir die nasionale kampioenskappe wat in Julie plaasvind.
Die rasieleiers-afdeling het 'n nuwe span bygekry, Pro Academy wat in Team Hip-Hop deelgeneem het. Hulle het die Team Pom-afdeling gewen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’