Karl-Johann Ewert het die mans enkelspel asook die mans dubbelspel saam met Johan Groenewald gewen.
Ewert en Amanda Minnie het ook die gemengde dubbels ingepalm terwyl Minnie op haar beurt met Heleen Fourie saamgespan het om die dames dubbels te wen.
In die Woodroffe-afdeling het Wessel Hartslief en Heleen Fourie die gemengde dubbels gewen terwyl Hartslief ook die mans enkelspelwenner was.
Oudtshoorn se Anuschka Henning het in die kleure van Noord-Gauteng
deelgeneem en wedstryde in beide die enkels- en dubbelspel gewen.
Foto's: Jacques Swart
Aiden Malgas tydens sy enkelspelwedstryd.
Lede van die Suid-Kaap pluimbalspan is agter, van links: Wessel Hartslief, Pottie Potgieter, Marius van Huyssteen en Hanlie Alberts. Voor van links: Almerie Venter, Lydia Fourie en Juanita de Bruyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshorn, Klein-Karoo nuus'