OUDTSHOORN SPORTNUUS - Timber City is na die eerste rondte van die Oudtshoorn-rolbalsakeliga in die eerste plek met 25 punte. Kort op sy hakke is Van der Bergh Vervoer met 24 punte.
Die wedstryde sal slegs Woensdae plaasvind met die eindronde wat op 31 Maart gespeel sal word.
Na die ses weke se spel sal die wenspan met prysgeld van R2 000 wegstap. Die tweede prys is R1 000 en die derde prys R500.
Gratis ete sal na die wedstryde vir die spelers verskaf word.
Die top tien na verlede week se rondte is volg:
- Timber City
- Van der Bergh Vervoer
- Looiery
- Kannie Worrie
- Wesbank Laerskool 1
- Riempie
- Helende Woord
- Fruit en Veg
- Renault/Nissan
- H&B Prokureurs
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'