Die SWD Sportraad, die Departement van Kultuursake en Sport en die Munisipaliteit van George, het saamgespan om die SWD se sportlui vir hulle prestasies in 2012/13 te vereer.
Finaliste het in 23 kategorieë meegeding.
Daar is ook vanjaar vir die eerste keer 'n Presidentstoekenning gemaak waar die voorsitter van die SWDSR 'n toekenning maak aan 'n person of instansie wat 'n buitengewone bydrae tot die ontwikkeling van sport in die SWD gedoen het. Sportprestasies tussen 1 Oktober 2012 en 31 Oktober 2013 is in ag geneem.
Die wenners van sommige kategorië word outomatiese finaliste vir die Wes-Kaap Sport-toekennings wat later in Kaapstad sal plaasvind.
Die wnners vir 2012/13 is:
- Administrateur: Barries Barnard (SWD en SA Toutrek - spanbestuurder SA span na Zimbabwe, vise-voorsitter WK Toutrek, voorsitter SWD Toutrek.)
- Afrigter: Eddie Myners (SWD en SA Rugby - hulp-afrigter SA President XV (wen goue medalje in Georgia), hoofafrigter SWD Eagles en SWD o/19.)
- Plaaswerkersport: Dina Pretorius (betrokke by die administrasie van netbal, krieket en rugby op Nooitgedacht, Welbedaght, De Hoop en Uitvlugt.)
- Inheemse sport: Immeraam Malgas (SWD en WK Jukskei, beste mans-speler by Nasionale Inheemse Spele 2013.)
- Riaan Lootstoekenning: Collegians Rugbyklub (geen spelers ontvang in 2013 enige rooi of geel kaart nie en geen toeskouergedrag word gestraf nie.)
- Tegniese Uitnemendheid: Corné Botha (SWD en SA Fietsry – SA Fietsry byeenkoms veiligheid en sekuriteitkommissaris, padfietsdirekteur, WK Fietsry, tegniese direkteur, SWD Fietsry.)
- Federasie: SWD Krieket (word volaffiliaat van SA Krieket in 2013, uitgebreide ontwikkelingsprogram, gasheer vir 'n reeks nasionale toernooie.)
- Sportgemeenskapbouer: Esther Watson (Outeniqua Rolstoelwedren - inisieerder, stigterslid en byeenkomsdirekteur van die Outeniqua Wheel Chair Challenge, die Interflora Vrou van die Jaar, Shoprite/Checkers/SABC 2 Vrou van die Jaar en die toekenning vir Buitengewone Prestasie deur die Minister van Gesondheid.)
- Lewenspresteerder: Johan Windt (SWD Tweekamp - verteenwoordig SA in Biathle in 2000, 2001 and 2002 by wêreldbekerbyeenkomste, wen verskeie medaljes by Afrika Meesters Atletiek in Namibia, Mauritius en Durban.)
- Ererol: Percival Carelse (krieket), Godfrey May (krieket), Clemment Strydom (rugby), Afred Mitchell (rugby), Steven Booysen (rugby) en Mann Claassen (rugby).
- Nuweling: Atheana Botha (SWD en SA Rugby - begin 2011 rugby speel, SA o/18 sewesspan na Australia, SA o/20 span na Nations Cup in Engeland, SWD Eagles Sewes-spanne.)
- Skole Sportman: Georgou Divaris (SWD en SA Seilsport - wenner van die 2013 Tera World Championships in Weymouth, Engeland.)
- Skole Sportvrou: Mikayla Oliver (SWD en SA Fietsry – SA span na Skotland vir UCI Junior Wêreld Baankapmioenskappe, SA Cross Country Mountain Bikingspan na UCI in Pietermaritzburg.)
- Span: Tean Dodds (SWD en SA Seiljag - bronsmedalje by Hobie Tiger Wêreld-kampioenskappe, Travemunde, Duitsland.)
- Vrywilliger: Henry Rhoode (vrywillige afrigter vir atletiek, landlope en padwedlope, haal elke atleet by sy/haar huis af en besorg hulle weer terug na oefening.)
- Skoolspan: HS Outeniqua eerste rugbyspan (lewer vier spelers en die kaptein vir SA Skole o/18 Sewes na Youth Olympics in Australië, wen 'n internasionale sewes toernooi in Mauritius en nommer twee rugbyspna in SA.)
- Ontwikkelings-skoolspan: Oudtshoorn Vaardigheidskool (SWD Toutrek - neem vir die eerste keer deel aan die plaatkompetisie van die SA Toutrek-kampioenskappe en wen beide die 480kg en 520kg afdelings.)
- Sportvrou met gestremdheid: Vicky Dene-Ze Scheepers (SWD Fietsry - goue medalje in padwedren en silwermedlaje in tydtoets by SA Para-Fietsry Kampioenskappe.)
- Sportman met gestremdheid: Blackie Swart (SWD Atletiek - verower 'n goue medalje, met 'n nuwe SA rekord in spiesgooi, 'n goue medalje in diskus en 'n bronsmedalje in gewigstoot in die F33 klas by die Suid Afrikaanse Atletiekkampioenskappe vir fisies getremdes in Pretoria.)
- Junior Sportvrou: Anél Oosthuizen (SWD en SA Atletiek - wen silwermedalje in die 5000m stap by die International CAA African Junior Baan en Veld Kampioenskappe.)
- Junior Sportman: Jovan Rebula (SK en SA Gholf - verteenwoordig SA o/16 gholfspan wat tweede eindig in Italië.)
- Sportvrou: Marthrin Simmers (SWD en SA Rugby - lid van SA Sewes Rugbyspan in IRB toernooie in Dubai, Hong Kong, Houston, Amsterdam en China, asook die SA Sewes span na die Wêreldbeker in Rusland.)
- Sportman: Andrew Light (SK en SA Gholf - ontvang SA kleure deur SA in die Africa Zone Six in Namibia te verteenwoordig.)
- Presidentstoekenning: Naomi Thiart (SWD Netbal - jarelange bydrae tot SWD netbal as adminsitrateur en afrigter.)

Jovan Rebula (links) is aangewys as die SWD se junior sportman van die jaar. Charles Standers oorhandig sy trofee aan hom.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete | Klein-Karoo nuus'