OUDTSHOORN NUUS - Deon Crous van George het die beste punte behaal tydens voorverlede Saterdag se skietdag by Heimersrivier. Die skietdag is deur die Klein-Karoo satelliettak van SA Jagtersvereniging (SAJWV) aangebied en 29 skuts het deelgeneem.
Gongskiet het oor 'n natuurlik nagemaakte rus plaasgevind en daar is oor verskillende afstande op rooibok-, vlakvark- en swartwildebeesteikens op verskillende afstande en vanuit verskillende posisies geskiet.
Die jongste skut was Livvi van Jaarsveld (9) wat met haar pa, Martin, se 260 Rem op die 300 m en 200 m gongs geskiet het.
Die volgende skietdag is op 1 September by Trutersdal.
Vir navrae kontak Nico van der Merwe by 082 781 6810 of sluit aan by die Facebook-groep SA Jagters Klein Karoo Satelliettak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'