Gallery
ROLBAL NUUS - Stilbaai-rolbalklub het Donderdag 9 Maart, hulle jaarlikse geborgde vrouedag aangebied.
Altesaam 18 klubs van Stilbaai, Riversdal, Hartenbos, Groot-Brakrivier, Ladismith, Knysna en Plettenbergbaai het deelgeneem.
Dit was al vroegoggend duidelik dat die dames ernstig was en hulle het mekaar behoorlik opgekeil op Stilbaai se twee bane.
Net voor vyf die middag het die laaste spanne die klubhuis binnegekom, behoorlik pootuit, maar almal was dit eens dat dit weereens 'n baie lekker toernooi was.
Met die tafel wat gekreun het onder al die pryse het Dup van Renen, president van Stilbaai-rolbalklub, al die spelers gelukgewens en bedank dat hulle so ver gery het om te kom speel. Hy het ook die mans van die klub bedank vir hulle harde werk in die kombuis en rondom die bane.
FOTOGALERY: Stilbaai-rolbalklub se jaarlikse geborgde vrouedag
Dié span van Hartenbos was derde. Van links: Lynette le Roux, Fransie Collier, Rina Theron en Dup van Renen (president van Stilbaai-rolbalklub).
Omrede dit 'n vrouedag was, het die mans besluit om hulle te bederf.
Heel gepas het die Stilbaai-span van Tanya Linde, Suzette Hamilton en Tharina Cloete as wenners uit die stryd getree.
In die tweede plek was dit Eileen Grosskopf, Jinks MacNair en Lyn Hurley van Plettenbergbaai en in die derde plek het Lynette le Roux, Fransie Collier en Rina Theron van Hartenbos klaargemaak.
Bessie Olivier van Stilbaai.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'