OUDTSHOORN NUUS - Die Groter Oudtshoorn-munisipaliteit het Dinsdagaand, 5 Desember, die burgemeester se Sporttoeken-nings vir 2023 aangebied. Hierdie geleentheid is by die banketsaal gehou. Burgemeester Chris Macpherson, het tydens die spoggeleentheid uitstaande atlete en afrigters vereer vir hul bydrae tot die sportgemeenskap van die dorp. Oudtshoorn Courant se joernalis, Wyndham Ewerts, het 'n spesiale toekenning ontvang vir sy bydrae tot sportberiggewing oor die jare.
Die wenners in die onderskeie kategorieë is:
Ererol:
- Wyle Franco Coerecius
- Wyle Clement Rex
- Wyle Sydwell Muller
- Wyle Boutros May
Legendes:
- Klaas Pypers
Laerskool Sportspan:
- Laerskool Van Reede-majorettes
Laerskool Afrigter:
- Ronald Presher (Laerskool Van Reede)
Laerskool Sportvrou:
- Dané van der Westhuizen (Laerskool Wesbank)
Laerskool Sportman:
- Fourie Delport (Laerskool Wesbank)
Hoërskool Sportspan:
- Toutrekspan (440kg) - Oudtshoorn Vaardigheidskool
Skoolsport Administrateur:
- Meghan Presher (Van Reede-majorettes)
Hoërskool Afrigter:
- Walt Böhme (Hoërskool Oudtshoorn)
Hoërskool Sportvrou:
- Chanien Hifke (Hoërskool Oudtshoorn)
Hoërskool Sportman:
- Thurstin Murphy (Bridgton Sekondêr)
Junior Sportvrou:
- Sue-Alice Gysman (Bridgton Sekondêr)
Junior Sportman:
- Geo Bruintjies (Jikai Do-karate)
Sportpersoon met gestremdheid:
- Allanzo Mapoe
Senior Sportspan:
- Harlequins RVK
Senior Afrigter:
- Ranger Grebe (Grebe-skopboksklub)
Senior Sportadministrateur:
- Sonja Schultz (Oudtshoorn-fietsry)
Senior Sportvrou:
- Sheree Samson (Jikai Do-karate)
Senior Sportman:
- Ruphino Plaatjies (Harlequins RVK)
'Ons bring jou die nuutste Klein-Karoo nuus'