OUDTSHOORN NUUS - Die Eden-afrigterskommissie het die afgelope naweek ’n werksessie in George aangebied wat deur 82 afrigters van 23 sportfederasies bygewoon is.
Abrie de Swart, voorsitter van die kommissie het gesê baie van die afrigters het te kenne gegee dat hulle die werksessie as die beste nog ag.
Een van die leidende afrigters in prestasie kondisionering, Terseus Liebenberg van die Noordwes-Universiteit, het die afrigters teoretiese sowel as praktiese opleiding gegee.
Twee groepe afrigters, wat Liebenberg, Abrie de Swardt, Mariette le Roux, André Alexander Cedric Finch, Fekile Blaauw en Henrico Louw insluit, het besprekingssessies oor ontwikkeling van afrigters en opstel van oefenprogramme aangebied.
Dit was die tweede werksessie van sy soort vir 2017 en die sewende sedert 2013.
Van links is Abrie de Swardt, André Alexander, Mariette le Roux, Terseus Liebenberg, Fikile Blaauw, Henrico Louw en Cedric Finch. Foto's verskaf
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'