Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Langenhoven Gimnasium (Gimmies) het tydens die afgelope Saterdag se Gimmiedag teen Hoërskool Oudtshoorn (Struisies) skoonskip op die rugbyveld gemaak. Hulle het al vier wedstryde gewen.
Die dag se sport is in goeie gees gespeel, wat voorwaar 'n pluimpie vir beide skole is.
Dit was egter Gimmies se eersterugbyspan wat vir groot vermaak gesorg het, toe hulle Struisies met 85-0 gewen het. Die wedstryd is ongeveer 10 minute vroeër deur die skeidsregter, Jason Jafta, gestop.
Halftyd het Gimmies reeds 57-0 voorgeloop en Jafta met die moeilike keuse gelaat om die wedstryd daar en dan te beëindig.
Hy het SARU-rugbybase per selfoon gekontak om toestemming te bekom om die wedstryd te laat voortgaan.
Met die afskop van die tweede helfte het Gimmies weer meedoënloos aangeval en met die telling op 85-0 het Jafta 25 minute later 'n einde aan die slagting gemaak.
So het Gimmies se o.14 A-span ook met 50-0 met Struisies afgereken.
Op die hokkie- en netbalbaan was die uitslae wisselvallig.
Die twee skole se netbalspanne het vir groot opwinding gesorg. Foto: Ebenezer Titus
Die dag se uitslae:
Rugby
- o.14 A: Gimmies wen 50-0 (afgeblaas)
- o.16 A: Gimmies wen 36-23
- o.19 B: Gimmies wen 16-7
- o.19 A: Gimmies wen 85-0 (afgeblaas)
Hokkie (seuns)
- o.16 B: Struisies wen 3-0
- o.16 A: Gelykop 1-1
- o.18 A: Gelykop 1-1
Hokkie (dogters)
- o.14 A: Gimmies wen 3-0
- o.16 A: Gelykop 1-1
- o.18 B: Gelykop 0-0
- o.18 A: Struisies wen 2-0
Netbal
- o.14 B: Struisies wen 14-1
- o.14 A: Struisies wen 21-11
- o.16 D: Gimmies wen 14-6
- o.16 C: Gimmies wen 27-10
- o. 16 B:Gimmies wen 20-13
- o.16 A: Struisies wen 19-13
- o.18 D: Gelykop 8-8
- o.18 C: Gimmies wen 27-9
- o.18 B: Gimmies wen 28-7
- o.18 A: Gimmies wen 35-31
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'