OUDTSHOORN SPORTNUUS - Die speke het die afgelope naweek behoorlik gesing by Fietsry Suid-Afrika se jeug- en transformasieontwikkelingsfees wat vanaf Saterdagoggend by Highgate-volstruisplaas plaasgevind het.
Die tydtoetse het dié oggend 08:00 weggespring met die padwedrenne wat om 14:00 die middag gevolg het. Die bergfietsryers het Sondagoggend 08:00 weggespring.
Die prys-uitdeling het na hierdie wedren gevolg.
Bykans 150 fietsryers van Eden, Wynlande, Overberg, Wes-Kus en Sentraal-Karoo het deelgeneem.
Volgens Corné Bence, 'n organiseerder, is die wedrenne gehou ter voorbereiding van die SA toernooi wat einde September begin. Dr. Lyndon Bouah van die Wes-Kaapse departement van sport en kultuursake was een van die hooggeplaastes wat die fees bygewoon het.
Punte behaal deur streke:
- Eden - 678 punte
- Wynlande - 103 punte
- Kaapse Metro - 101 punte
Fietsryers wag geduldig vir die afsitter.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'