ROLBAL NUUS - Stilbaai-rolbalklub se somertoernooi vir 2023 is in volle gang en na die eerste twee weke is daar reeds spanne wat wys dat hulle moeilik geklop gaan word.
Die toernooi strek oor ses weke en elke Donderdagaand spook die 20 spanne dit uit om te wen.
Alhoewel dit 'n sosiale toernooi met veelkleurige drag en gedrag is, vat die spelers dit baie ernstig op en rol hulle balle soos ligaspelers.
Die toernooi bereik sy hoogtepunt met die eindronde op Donderdag 9 November, maar intussen kan belangstellendes gerus op 'n Donderdagaand 'n draai by die rolbalklub kom maak.
Miskien is daar van jou vriende of bure wat 'n bietjie aanmoediging nodig het.
Reza la Cock wys haar elegante rolbalaksie.
Debbie Deetlefs is die ene konsentrasie.
Charl Marais stuur sy bal weg.
Hennie Lötter stap agter sy bal aan.
Annelie van Renen maak dit baie duidelik waar sy wil hê haar bal moet sy lê kry.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’