SUID-KAAP NUUS - Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging (SJB) het hulle jaarlikse ghong-uitdaging op 18 November op die plaas,
Aangenaam van Henry en Martie van der Westhuizen gehou. Die pragtige plaas is geleë naby De Rust in die Klein Karoo.
Die kompetisie het in perfekte weers-omstandighede plaasgevind.
Die ligte windjie kon nie alleen die blaam dra vir misskote nie.
Die baanuitlegte en skietposisies het vir 'n lekker uitdagende kompetisie gesorg. Die spanne wat uit vier skuts elk bestaan het, moes oor verskillende afstande na staalplate van verskillende groottes skiet.
Die afstande het gewissel van 190 – 412 meter en daar was vyf staalplate per baan.
'n Totaal van 116 skuts het vanaf alle uithoeke van die land, vir die kompetisie ingeskryf en indien daar 'n vrou of junior in die span was het die span 200 bonuspunte vir so 'n skut ontvang en veterane het 100 bonuspunte ontvang.
Daar was hierdie jaar weer 'n paar interessante spanname, soos "Die Ysters", "die Boksombende", "die Vaaljapies", "Die Witbaarde" en nog 'n paar.
'n Totaal van 116 skuts het vanaf alle uithoeke van die land, vir die kompetisie ingeskryf.
Die dag se pryse is deur Klein Karoo Agri wie se hoofkantoor in Oudtshoorn geleë is, geborg. Om almal 'n gelyke kans te gun om 'n prys te wen is daar verskeie gelukkige trekkings gehou waaronder meer 'n teleskoop.
Die bronsmedalje-wenners was die Boksombende-span met Hugo Moolman, Renier van Greunen, Freek Zeelie en Fermi Meyer as spanlede.
Uitslae
Die wenners van die dag was die Meerkat-span (Wallie Nigrini, Janine Nigrini, De Waal Nigrini en Amanda Lerm).
Die wenners van die silwer medaljes was die Ghongbusters-span (Jacques du Plooy, Junita van Zyl, Christo Delport en Raynor Becker).
Die Ghongbusters-span bestaande uit Jacques du Plooy, Junita van Zyl, Christo Delport en Raynor Becker het die silwer medalje ingepalm.
Die bronsmedalje-wenners was die Boksombende-span (Hugo Moolman, Renier van Greunen, Freek Zeelie en Fermi Meyer).
Die wenners van die dag was die Meerkat-span bestaande uit Wallie Nigrini, Janine Nigrini, De Waal Nigrini en Amanda Lerm.
Die individuele wenners was Christo Delport (1ste), Renier van Greunen (2de) en Niaan Fourie (3de).
* Sien bedankings op brieweblad.
Die kompetisie het in perfekte weersomstandighede plaasgevind.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'