OUDTSHOORN NUUSFLITS - Inskrywings vir die Oudtshoorn-rolbalklub se tweede sakeliga vir 2017, is besig om in te stroom.
Die liga begin op Woensdag 11 Oktober en duur ses weke, waar spanne elke Woensdag teen 'n ander span sal kompeteer.
Gertjie Bekker, president van die rolbalklub, sê: "Voornemende spanne moet onthou dat slegs 52 spanne (208 spelers) geakkommodeer kan word."
Die sakeliga is die ideale geleentheid vir besighede om span te bou en sosiaal te verkeer met ander besighede.
Groot pryse is op die spel en besighede kan ook pryse skenk, wat as bemarking vir die betrokke besigheid sal dien."
Werknemers van besighede, asook vriende en familie van deelnemers word genooi om hul spanne te kom ondersteun.
Vir nadere besonderhede kan Bekker by 072 246 7792, of Alwyn Koegelenberg by 076 797 0252 gekontak word.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'