OUDTSHOORN NUUS - Louvain-gasteplaas was vanjaar weer gasheer vir die 136 skuts wat op 16 Maart aangemeld het vir die Eden-jaggeweerskiet.
Die verrigtinge het begin met koffie en beskuit voor die onthaalsaal waar Johan Fourie (senior Eden-skut) die dag met gebed geopen het. Die eerste been van die interdistrikte kompetisie tussen Eden, Cape Winelands en WP distrikte se senior, dame en juniorspanne het ook tydens dié toernooi plaasgevind.
Na verduideliking van die baanuitleg het die skuts in groepe na hul onderskeie bane aangelê. Op die ses skietbane moes die skuts dan vyf skote elk afvuur wat hul deursettingsvermoë op hierdie winderige dag tot die uiterste getoets het.
Kort voor 15:00 het die laaste skote weergalm waarna die samekoms na die onthaalsaal verskuif het.
Na die ete het die prysuitdeling en verskeie gelukstrekkings plaasgevind. 'n Juniorskut van Beaufort-Wes het tydens een van die gelukstrekkings die trotse eienaar van 'n Sabatti Rover Inox .243 jaggeweer geword.
Eden-skuts wat in die mansafdeling medaljes ingepalm het is voor, van links: Manus Moolman, Jacques du Plooy, Christo Delport, Niaan Fourie en Leras van Zyl.
UitslaeMans
- Eden Open
- Cape Winelands Open
- Cape Town Open
Dames
- Eden Ladies
- Cape Town Ladies
Juniors
- Cape Town Juniors
- Eden Juniors
Eden-juniors is voor, van links: Anlo Ferreira, Hans-Willem Moolman, Anke Kemp, Marco Marx en Ian Jacobs.
Uitsonderlike individuele posisies behaal:
- Jacques du Plooy 1ste
- Niaan Fourie 2de
- Junita van Zyl 4de (dame)
- Christo Delport 6de
- Manus Moolman 12de (junior)
- De Waal Nigrini 14de
- Renier van Greunen 17de
- Hans-Willem Moolman 19de (junior)
Eden-skuts wat in die damesafdeling medaljes ingepalm het is voor, van links: Junita van Zyl, Anita Butler, Marietha Moolman, Janine Nigrini en Zelda Delport. Foto's veskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'