Dawid Blom, Warnich Burger, Megan Grebe en Ranger Grebe is as SA kampioene gekroon tydens die SA amateur skopboksvereniging se nasionale kampioenskappe wat op 2 en 3 Mei in Pretoria plaasgevind het.
Blom het goud verower in die ligte kontakgeveg en silwermedaljes vir puntegeveg en spangeveg.
Warnich Burger het `n goue medalje verower in ligte kontak en silwer vir puntegeveg en lae skop.
Sensei Ranger Grebe het goud verower in die puntegeveg, silwer vir ligte kontak en spangeveg.
Megan Grebe het goud verower in die puntegeveg en nog `n lid van die SWD-span, Hannes van Schalkwyk, het silwer ingepalm vir die ligte kontak geveg, spangeveg en puntegeveg.

Lede van die SWD-skopboksspan is voor van links:Warnich Burger, Sensei Ranger Grebe en Megan Grebe. Agter : van links: Heinz Guder, Sempia Dawid Blom en Hannes van Schalkwyk. Foto: verskaf.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'