OUDTSHOORN NUUS - Twee lede van Forge Krav Maga and Kick Boxing in Oudtshoorn het twee weke gelede silwermedaljes by 'n streektoernooi verower.
Warnich Burger en Nicklaas Heyns het die medaljes op 19 Augustus tydens deelname aan die South Coast Challenge-skopbokstoernooi in Stilbaai ontvang.
Hulle het beide blougordels in skopboks.
Forge is 'n jaar gelede deur Dawid Blom by ProGym by Langenhoven Gimnasium begin en die klub is by SAKA, die Suid-Afrikaanse skopboksvereniging gere-gistreer.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Suid-Kaap nuus'