OUDTSHOORN NUUS - Twee studente van Oudtshoorn Akademie vir Tuimel en Springmat-gimnaste, Tamzin de Lange en Runicka Munro, het Saterdag 21 April in Mosselbaai aan die Mat Gimnastiekkampioenskap in Mosselbaai deelgeneem.
Beide De Lange (o.16) en Munro (o.14) het met twee silwer medaljes vir hul prestasies in die springmat-afdeling teruggekeer.
Die twee gimnaste is leerders by Hoërskool Oudtshoorn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'