Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Anriëtte Schoeman het haar titel as vrouewenner van die Timbercity Cycle Challenge oor 104 km Sondag behou. Sy het die roete vanaf Brian's Grill tot by die draaipunt by Matjiesrivier en terug in 'n tyd van 03:08:13 kafgetrap.
Mellusca Toovey en Lauren Coleman was onderskeidelik tweede en derde. In die mansafdeling het verlede jaar se wenner, Louis Visser, vierde geëindig. Hy het slegs twee dae voor die wedren uit Europa teruggekeer waar hy vir 'n klub ry. Die manswenner was Nicol Carstens in 'n tyd van 02:42:59 met Rohan du Plooy en Rynhardt Marais tweede en derde.
Die eersteplekwenners van die ander afdelings oor 104 km was soos volg:
- Phillo Verlaat (parafietsryers - 57km),
- Amanda Akom (dames 40+):
- Pierre Jearrenaud (mans 60+),
- Pieter de Vos (mans 50-59),
- Joffrey Pienaar (mans 40-49),
- Lauren Coleman (dames 30-39),
- Tim Toovey (mans 30-39),
- Ashleigh Parsons (dames o.19),
- Linwill Jansen (mans o.19),
- Nicol Carstens (mans o.23),
- Anriëtte Schoeman (elite dames) en
- Rohan du Plooy (elite mans).
Die vouewenners is van links: Mellusca Toovey (2de), Anriette Schoeman (1ste) en Lauren Coleman (3de). Foto: Ebeneser Titus
Ongeveer 250 fietsryers het vir die wedrenne oor 104 en 57 km ingeskryf. Meer as 150 van hulle het aan die 104 km deelgeneem. 'n Pretrit vir kinders oor 8 km is ook aangebied.
Die Timbercity Cycle Challenge dien ook as 'n bepaler vir wegspringplekke van fietsryers wat volgende jaar aan die Cape Town Cycle Tour (voorheen die Argus) deelneem.
Die elite mans spring weg met verlede jaar se wenner, Louis Visser regs voor.
Foto: Hannes Visser
Die eienaar van Timbercity en borg van die wedren, André van Greunen by Corné Bence van Fietsry SA. Foto: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'