OUDTSHOORN : Die jaarlikse Timbercity Klein Karoo-sakeaflos het soos vorige jare, weer verlede Donderdag vir groot pret en opwinding gesorg.
Vanjaar het 'n totaal van 68 spanne ingeskryf vir hierdie kleurvolle 1, 8 km-pretdrafbyeenkoms wat om 18:00 in Baron van Reedestraat by Sante Fe Spur Restaurant weggespring het.
Deelnemers van die Cango Wildlife Ranch spog met hul medaljes.
Spanne wat ingeskryf het, het staats- en semistaatsinstellings soos die SANW, SAPD, DKD, departement van gesondheid, munisipaliteit en verskeie besighede in Oudtshoorn ingesluit.
Nie eers beurtkrag wat vanaf 18:00 tot 20:00 geduur het, kon die deelnemers se geesdrif demp nie met menigte drawwers en stappers wat sommer hul flitse aangewend het vir lig op die roete. Die elektrisiteitstoevoer het betyds herstel vir die prysuitdeling wat voor Sante Fe Spur Restaurant plaasgevind het.
Een van die organiseerders, Dave van der Walt, het onder andere Timbercity, Oudtshoorn-verkeersdepartement en die ander borge bedank waarsonder die Klein Karoo-sakeaflos nie moontlik sou wees nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’