Update
OUDTSHOORN NUUS - Burger van der Westhuizen, 'n renjaer van Oudtshoorn-motorklub, het sy SA kleure verwerf in Motorsport SA se onderafdeling, ovaalbaanrenne.
Sy SA baadjie is Saterdag 2 Junie tydens 'n glansfunksie in Kaapstad aan hom oorhandig.
Die eer het hom toegekom na hy tydens verskeie renne vanjaar teen renjaers van Engeland, Ierland, Skotland en Duitsland meegeding het en podiumposisies behaal het.
Van der Westhuizen het op die ouderdom van 12 jaar in 2008 aan ovaalbaanrenne begin deelneem.
Sedert sy eerste kompetisie het hy al aan 154 ovaalbaanwedrenne deelgeneem. Hy het al op vier geleenthede SWD-kleure verwerf.
Slegs 'n jaar na hy aan motorsport begin deelneem het, het hy elke jaar, behalwe in 2015 toe hy van klas verwissel het, die SWD-kampioenskap in sy klas gewen.
In 2014 het hy as gr. 12-leerder in die 1660-klas die SA kampioenskap gewen.
Lees 'n vorige artikel: SA kleure vir van der Westhuizen
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'