OUDTSHOORN NUUSFLITS - Burger van der Westhuizen, 'n renjaer van Oudtshoorn-motorklub, het sy SA kleure verwerf in Motorsport SA se onderafdeling, ovaalbaanrenne.
Sy SA baadjie is Saterdag 2 Junie tydens 'n glansfunksie in Kaapstad aan hom oorhandig.
Die eer het hom toegekom na hy tydens verskeie renne vanjaar teen renjaers van Engeland, Ierland, Skotland en Duitsland meegeding het en podiumposisies behaal het.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'