OUDTSHOORN SPORTNUUS - 'n Groot eer het Eden-fietsry onlangs te beurt geval toe hy vir die vierde keer in sy bestaan aangewys is om die Suid-Afrikaanse jeugfietsrykampioenskappe op Oudtshoorn aan te bied.
Dié kampioenskappe sal vanaf 19 tot 21 Maart 2022 by Highgate-volstruisplaas wegspring.
Volgens een van die organiseerders, Corné Bence, voorsien Eden dat sowat 2 000 toeskouers hul opwagting sal maak oor die vier dae wat die kampioenskappe sal plaasvind.
Bence sê dat selde is dat 'n kampioenskap van hierdie aansien aan 'n plattelandse dorpie toegeken word omdat dit meestal in stede plaasvind- 'n testament volgens hom van die ondervinding en kundigheid waaroor Eden-fietsry beskik.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'