OUDTSHOORN NUUS - SA Jagters Oudtshoorn hou op Saterdag 1 November 'n 21 Black Jack-gongskietgeleentheid sowat 16 km buite Oudtshoorn op die Mosselbaai-pad, by Hein Schoeman se plaas.
Volgens Rob Fisher is dit die tweede jaar dat die Oudtshoorn-tak, wat as satelliettak van SA Jagters Tuinroete funksioneer, dié unieke Modified 21 Black Jack-gongskiet aanbied saam met 'n .22 gongskiet vir liefhebbers van kleiner kalibers.
Die dag beloof groot pret vir skuts van alle vlakke. Die Black Jack-baan van 400 m bestaan uit gonge van verskillende groottes, elk met 'n puntetelling, en 12 skote per deelnemer. Daar sal ook 'n gewone uitdaag-gongbaan (180 tot 350 m) en 'n .22 gongbaan (50 tot 200 m) wees.
Program en besonderhede
- Inskiet: 07:30 - 08:30
- Inligtingsessie: 08:45
- Skiet begin: 09:00
- Skietfooi: R250 (braaipak ingesluit)
- Plek: Hein Schoeman, 16 km uit Oudtshoorn op die Mosselbaai-pad (hou die wegwysers dop)
Daar sal gelukstrekkings en kontantpryse wees en koeldrank en water is te koop. Deelnemers word aangemoedig om hul eie kampstoel saam te bring.
Toeskouers is baie welkom, maar word versoek om hul eie oog- en oorbesker-ming saam te bring. Fisher nooi ook belangstellendes en jongmense uit om by SA Jagters aan te sluit en deel te word van die organisasie se veilige en gesinsvriendelike skietaktiwiteite.
- Vir meer inligting, kontak Rob Fisher by 083 284 8462.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’