OUDTSHOORN NUUS - Die SA Jagters bied op 19 September 'n .22-gongskietdag vir juniors aan.
Die geleentheid is oop vir leerders van laer- en hoërskoolouderdom en beloof om 'n lekker pretdag vir die hele gesin te wees.
Die dag vind by die Hein Schoeman-skietbaan plaas en sluit ook 'n worsbraai in. Elke junior moet deur 'n ouer of voog vergesel word.
Die inskrywingsfooi van R180 sluit die eerste rondte .22-ammunisie en twee worsrolletjies in. Daar sal .22-gewere beskikbaar wees, maar deelnemers kan ook hul eie .22-geweer saambring.
Bring ook iets om te drink en kampstoele saam.
Belangstellendes moet vooraf plek by Rob Fisher by 083 284 8462 bespreek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’