OUDTSHOORN SPORT NUUS - Die SA junior padfiets-, tydtoets- en kriteriumkampioenskappe word vanjaar in Oudtshoorn gehou en spring môre, 8 Februarie, weg en sal vir vier dae duur.
Die skedule is as volg:
- Kriterium en ontwikkelingswedren - 8 Februarie (Aurial Kollege)
- Tydtoets - 9 en 10 Februarie - (Highgate-volstruisplaas)
- Padfietsren - 11 en 12 Februarie - (Highgate-volstruisplaas)
Volgens Corné Bence, voorsitter van die Wes-Kaapse Fietsryvereniging, sal dit die vyfde keer wees wat hierdie gesogte kampioenskappe in die dorp aangebied word.
Bence het ook gesê dat grootnaam-fietsryers soos Stephan de Bod en Wynand Janse van Rensburg wat al by die Tour De France-wedren meegeding het, reeds hul deelname bevestig het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'