OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn-rolbalklub het die afgelope maand hul paretoernooie gespeel met die laaste eindstrydwedstryde wat die afgelope naweek voltooi is.
In die damespare-afdeling het Lorrainne van Vollenstee en Christelle Griebenouw met die louere weggestap.
Christelle Griebenouw en Wayne Ridden was bobaas in die gemengdepare, terwyl Ian Cochrane en Chris Pietersen in die manspare koning gekraai het.
Ian Cochrane (links) en Chris Pietersen.
Lorrainne van Vollenstee (links) en Christelle Griebenouw.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Tuinroete nuus'