Gallery
OUDTSHOORN ROLBALNUUS - Die Oudtshoorn-rolbalklub se gewilde jaarlikse rolbal-sakeliga het gister (Woensdag 5 Februarie) begin.
'n Rekordgetal van 216 spelers (54 spanne) het vanjaar ingeskryf.
Die liga duur ses weke en sal elke Woensdag vanaf 18:00 by die Oudtshoorn-rolbalbaan gespeel word.
Fotogalery: Rolbal-sakeliga begin
Na die ses weke se spel, sal die wenspan met prysgeld van R1 200 wegstap. Die tweede prys is R1 000 en die derde prys, R800.
Ander pryse sal ook op die spel wees.
Die finaal sal op 1 Maart beslis word.
Die rolbalspanne van Eljada Kairos 1, Helende Woord en Du Plessis Motors beklee na gister se rondte die top drie plekke.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'