OUDTSHOORN NUUS - Die eerste van twee Oudtshoorn besigheidsligas vir 2018 is op hande.
Besighede, skole en ander instansies sal van Woensdag 31 Januarie tot Woensdag 7 Maart in ses rondes mekaar die stryd aansê op die Oudtshoorn-rolbalbane.
Met die laaste besigheidsliga in 2017 het 38 spanne deelgeneem. Meeste van dié spanne het reeds aangedui dat hulle weer gaan inskryf. Die organiseerders het te kenne gegee dat 'n maksimum van 42 spanne geakkommodeer kan word. Inskrywings vir die komende liga sal op 24 Januarie sluit. Indien 'n span nie teen dan betaal het nie, kan hulle nie deelneem nie.
Die inskrywingsfooi beloop R900 vir 'n span van vier spelers. Daar is geen beperking op die aantal spanne per instansie of onderneming wat wil inskryf nie.
Inskrywingsvorms kan bekom word deur 'n e-pos na oudtshoornbowls@gmail.com te stuur. Die bankbesonderhede is op die inskrywingsvorms. Betalings kan ook Maandae tot Saterdae tussen 17:00 en 19:00 by die rolbalklubhuis gedoen word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'