Gallery
OUDTSHOORN NUUSFLITS - Opwinding het geheers by die geldinsamelingsdag vir Big Bad Bruce, 'n Oudtshoorniet en voormalige stoeier, wat beide sy bene gedeeltelik weens diabetes verloor het.
Bruce het 18 jaar amateur en 21 jaar professioneel gestoei voor hy in 2010 weens diabetes sy stoeiloopbaan moes staak.
Die stoeikampioenskap het Saterdag 16 Junie by Smitswinkel op Oudtshoorn plaasgevind.
Ongeveer 200 mense het dit bygewoon, om te sien hoe Bruce se voormalige stoeivriende én vyande mekaar die stryd aansê. Die stoeiers was Terri Middoux the Frenchmen, Blacksmith, Ratel, Dirty Angel, Dirty Angel 2, Devon Shooter, Phantom, PE Warrior, TNT Explosion, Woodcarver, Ananzi.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
Big Bad Bruce in sy rolstoel in die kryt.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'