OUDSTHOORN NUUS - Duisende ovaalbaangeesdriftiges vanoor Suid-Afrika het Saterdag 8 Julie na die RedRock Raceway op Oudtshoorn toegesak vir een van dié grootste ovaalbaanwedrenne in die land - die Richard Griessen Repairs Klein-Karoo-kampioenskappe.
Hierdie ovaalbaan-kampioenskap, het byna 200 inskrywings ontvang met drywers wat van heinde en ver na die Klein-Karoo gestroom het.
Hulle het in afdelings soos onder meer die 1660's, Midgets, Hotrods en V8's deelgeneem van vroeg die oggend, tot laat die aand, waar inwoners die brullende enjins kon hoor weergalm.
Die ovaalbaan, voorheen bekend as die Arnold de Jager-ovaalrenbaan, het onlangs ook opknappings ondergaan om die wedrenbaan se veiligheid selfs meer te verseker.
Die wenners van die 15 onderskeie klasse was:
- Mini's - Divan Meyer (D25)
- 1660 Hooligans - Tersius van Tonder (D44)
- 2.1 Modifieds - Christopher Burisch (SA1)
- Stockrods - Jandré Visagie (W462)
- Junior Hotrods - Braam Bosman (W104)
- Hotrods - Jaco Aylward (E28)
- Pink Divas - Kelly Dowling (C9)
- Pinkstocks - Sandra Bekker (WO95)
- Pinkrods - Charné Schuin (C226)
- B Midgets - Pieter Duitser Venter (SA1)
- A Midgets - DeWet Britz (WO93)
- Heavy Metals - Leandro Leno Muller (SA2)
- V8 Sprints - Kenny Gouws (WO4)
- Lexus V8s - Albert Olivier Jr (G12)
- AMS V8s - Manfred Oehl (W112)
Die 1660 Hooligans-klas in aksie.
Die renbaanbeamptes kyk toe hoe verrigtinge verloop.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’