OUDTSHOORN NUUS - Die jaarlikse Kansa Relay for Life het verlede Saterdag op Laerskool Wesbank se sportterrein plaasgevind.
Volgens Adri Odendaal, volhoubaar-heidskoördineerder van Kansa in die Suid-Kaap, was dit 'n reusesukses.
"Verskeie redes het gemaak dat ons die geleentheid hierdie jaar op Laerskool Wesbank se sportterrein gehou het, en as alles goed afloop, sal ons dit weer graag daar wil hou," sê Odendaal.
Odendaal vertel dat hulle ongeveer 250 inskrywings ontvang het en dat 18 kankeroorlewendes met hulle versorgers, ook ingeskryf het.
Sy sê dat die deelname van die publiek wonderlik was en is sy dankbaar is vir elke donasies wat sy van Oudtshoorn-besighede ontvang het.
Nandi de Wet het ook met haar reusehond (Fleur), die Kansa-gelukbringer, kom stap wat vir baie glimlagte gesorg het. Fleur se hare word elke jaar ten bate van Kansa gespuit, en volgens Odendaal woon sy al wat 'n Kansa-geleentheid is by.
Odendaal vertel dat die geld wat ingesamel is, vir die gemeenskap aangewend sal word. "Ons het baie behoeftige pasiënte daar buite," sê sy.
Nandi de Wet en Fleur (regs) wat vir baie glimlagte gesorg het.
Van die ondersteuners wat om die baan gestap het.
Krop asb die dogter aan die regterkant uit.Daurene Campher - kankeroorlewende, saam met haar dogter en skoondogter.
Van die ondersteuners wat om die baan gestap het. Foto's: Sonia Wahl
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'