Jansen, wat na 16 jaar as president die tuig neergelê het, het die plaaslike reëlingskomitee onder leiding van Dave van der Walt geloof vir 'n uitstekende toernooi.
Twee Suid-Afrikaanse en vyf provinsiale rekords is tydens die byeenkoms verbeter.
Viv Williams van die WP het die SA rekord vir senior veterane dames na 2 590 punte opgeskuif terwyl Ilse Beukman van Boland die nasionale rekord vir veterane dames na 2 566 punte opgeskuif het.
Karla Grobler (Gauteng-Noord, dogters 11 jr – 2245), Hans Sliep (Suid Gauteng- meester mans -2370), Madri Bester (Noord-Wes, dogters 15 jr -2455), Nicolas Theron (Suid Vrystaat, Veterane mans – 2443) en Chantel Verwey (OP, dames ope – 2258) het provinsiale rekords opgestel.
Jansen het in sy openingsrede Donderdagaand gesê goeie kompetisie gee spier aan die spel.
"Goeie kompetisie is opwindend en bevredigend, maar wanneer die gesindheid verander word dit 'n gevaar. Reik na goud as dit binne jou vermoë is, maar wees tevrede met 'n tweede plek. Triomfeer in nederlae as jy nie wen nie."
Die gasheerspan, SWD, het vriend en vyand verras deur tien medaljes te verower en algeheel derde te eindig na die Westelike Provinsie en Boland.
Die span het ook derde geëindig in die senior en junior afdelings.
Meer as 600 atlete van 14 provinsies, asook 'n SA Ontwikkelingsspan, het aan die byeenkoms deelgeneem.
Die speaker van die Oudtshoorn-munisipaliteit, John Stoffels, het die atlete en hul ouers namens die burgemeester verwelkom en gesê die munisipaliteit het hom daartoe verbind om alle sportkodes te bevorder in sy strewe om die dorp die 'sportmekka' van die Suid-Kaap te maak.
Van der Walt het 'n spesiale woord van dank aan die Aifa Vliegskool gerig wat hul ruim vliegtuigloods beskikbaar gestel het vir die afsluitingsfunksie waar 'n 1 000 mense kon aansit en ook plek vir 'n dansvloer.
Atlete van die SWD het tydens Saterdag se SA biathlo-kampioenskap ook puik presteer en 12 medaljes verower.
Archie Markgraaff van Suid-Vrystaat is die nuwe president van SA tweekamp met Dave van der Walt van die SWD as nuwe visepresident. Hy is ook as nasionale keurder herkies.
Stephan McKay van die SWD, Marianne Symington van Boland en Ettienne Brown van die OP, is vereer met die gesogte Honoris Causa-toekenning vir hul lewenslange bydrae tot tweekamp in Suid-Afrika.
Die volgende SA kampioenskap is aan Noordwes toegeken en sal op Potchefstroom plaasvind.
SWD het goed vertoon en `n algeheel derde plek behaal met tien medaljes.