Hy het uiteindelik nie net sy voortou behou nie, hy het ook die rekordtyd wat in 2013 deur Christoph Sauser opgestel is aan flarde getrap.
Huber, `n Switserse maratonspesialis en die huidige Switserse maratonkampioen, Ariane Kleinhans, het beide in rekordtye koning gekraai tydens die 2014 Fairview Attakwas Extreme-bergfietsmaraton. Ryers het verlede Saterdag vanaf die Chandelier plaas buite die dorp weggespring en het die eindstreep 121 km later by Groot-Brak oorgesteek.
Die 28-jarige Huber, `n voormalige Switserse nasionale kampioen wat die Attakwas vanjaar vir die eerste keer aangedurf het, was vir vier ure, 47 minute en 46 sekondes in die saal. Daarmee het hy die vorige rekordtyd met bykans nege minute verbeter. Huber het ook in 2013 sukses op die volstruisdorp behaal na hy en spanmaat, Karl Platt, van Duitsland `n tweede plek behaal het in die Absa Cape Epic.
Sauser, die huidige wêreldkampioen, moes verlede naweek met `n tweede plek tevrede wees na sy tyd van 04:54:33, ook `n verbetering op sy wentyd in 2013.
Platt het in die derde plek geëindig met sy tyd 04:55:16, met Frantisek Rabon van die Tsjeggiese Republiek vierde. Hierdie was Rabon se eerste professionele ren op `n bergfiets na `n loopbaan van etlike jare op padfietse. Erik Kleinhans was die eerste Suid-Afrikaner oor die wenstreep in die vyfde plek.
Ariane Kleinhans het haar vierde agtereenvolgende Attakwas-titel ingepalm. Met haar wentyd van 05:40:38, het sy met bykans twee minute op haar vorige tyd verbeter. Sy het ook `n algeheel 22ste plek behaal in die veld van meer as `n 1 000 ryers.
Die Suid-Afrikaanse maratonkampioen, Robyn de Groot het Ischen Stopforth vir die tweede plek geklop. Dit was De Groot se eerste deelname aan die Attakwas terwyl Stopforth die eerste vrou geword het om al agt Attakwas-renne te voltooi.
Van die bekendes wat as deel van die Absa-span deelgeneem het, het Springbok rugbyspelers Joel Stransky (06:46:33) en Stefan Terblanche (6:46:37) onderskeidelik 130ste en 133ste plekke behaal. TV-aanbieder en radio-omroeper Lizel van der Westhuizen (09:49:18) was in die 726ste plek en aktrise Hlubi Mboya (10:05:10) 758ste.
Die eerste tien plekke onder die mans as volg: 1) Urs Huber – SUI (Team Bulls) 04:47:46; 2) Christoph Sauser – SUI (Specialized Racing) @ 06:36; 3) Karl Platt – GER (Team Bulls) @ 07:19; 4) Frantisek Rabon – CZE (Specialized Racing) @ 07:23; 5) Erik Kleinhans – RSA (Team RE:CM) @ 09:41; 6) Stefan Sahm – GER (Team Bulls) @ 09:41; 7) Simon Stiebjahn – GER (Team Bulls) @ 10:4; 8) Kevin Evans – RSA (FedGroup Itec) @ 19:38; 9) Darren Lill – RSA (Cannondale Blend @ 19:53; 10) Waylon Woolcock – RSA (Cannondale Blend) @ 19:54
Vroue: 1) Ariane Kleinhans – SUI (Team RE:CM) 05:40:38 2) Robyn de Groot – RSA (Biogen Toyota) @ 16:48; 3) Ischen Stopforth – RSA (Sasol Racing) @ 16:49; 4) Jeannie Bomford – RSA (USN) @ 29:00; 5) Jennie Stenerhag – SWE (Sasol Racing) @ 33:18
Urs Huber en Karl Platt op pad na die Attakwaskloofpas. Foto's: Jacques Swart
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'