OUDTSHOORN SPORTNUUS - Rehabilitasie deur middel van sport het 'n hupstoot van die Raad van Eden-vroue in sport gekry.
Dié vroue-sportraad het Dinsdag 19 Junie met die dames in Oudtshoorn-korrektiewe dienste gesels oor hoe sport lewens kan verander en hoe sport as rehabilitasie binne die tronke gebruik kan word.
Eden Modern Panthalon (MPA) se voorsitter, Ulene Visser, het die dames toegespreek. Sy sê die gehoor was baie entoesiasties om deel te neem aan die gesprek. "Daar was gou 'n lewendige gehoor wat hulle belangstelling getoon het om sport te beoefen en hulle het besef hoe belangrik dit is om jou kop skoon te hou met positiewe gedagtes en aktiwiteite."
Indien iemand belangstel om betrokke te raak by sportontwikkeling in Oudtshoorn se dames-afdeling van die korrektiewe dienste, kan Cathy Gerber (cathy04@telkomsa.net) gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'