OUDTSHOORN NUUS - Ulrich Rademeyer het Saterdag die 384ste Oudtshoorn-parkrun by Surval-olyflandgoed met 'n nuwe persoonlike beste tyd van 19 minute en 17 sekondes gewen.
Kruge Roeloffze, ook met 'n nuwe persoonlike beste tyd van 25 minute 55 sekondes, was in die tweede plek. Diego Visman (15) wat aan sy eerste parkrun deelgeneem het was die eerste junior met 'n tyd van 27 minute 24 sekondes.
Melanie Fourie was die dag se vrouewenner.
Die voorste tien van 64 deelnemers is as volg:
- Ulrich Rademeyer (19:17)
- Kruge Roeloffze (25:55)
- Diego Visman (27:14)
- Albertus Kennedy (28:22)
- Christian Augustyn (28:31)
- Ian Steenkamp (28:33)
- Jean Cilliers (28:56)
- Attie Fortuin (29:07)
- Pieter van Rensburg (30:13)
- Ernst van Zyl (30:19)
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’