OUDTSHOORN NUUS - Altesaam 33 sportfederasies, insluitend die Eden-sportraad het Woensdag 15 Mei ’n groot hupstoot gekry toe hulle ’n tjek van R3 885 000 vanaf die departement van sport, kuns en kultuur ontvang het.
Minister Ricardo McKenzie van die departement het die befondsing oorhandig.
Volgens Dave van der Walt, operasionele bestuurder, Eden-tweekamp, noem dat Eden se sportfederasies slegs een van twee van die Wes-Kaap se sportrade is wat 100% verslag terugvoering het, en is deur die minister daarvoor geloof.
Sommige federasies het ook sporttoerusting ontvang as deel van die klub ontwikkelingsprogram van die departement.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’