OUDTSHOORN SPORTNUUS - Skillie Pretorius en sy seun, Pieter, het verlede Woensdag se Oudtshoorn Munisipale Gholfdag by die Oudtshoorn-gholfbaan met 'n telling van 46 punte gewen.
Altesaam 56 spelers het op die dag afgeslaan wat in die 4BBB Stableford-formaat beslis is.
Francois Verwey en sy seun, Lian, was in die tweede plek met 46 punte terwyl EP du Plessis en Jean Neethling derde met 45 punte geëindig het.
Tony Conlon en Gavin Steer het op die derde putjie, die naaste aan die penne geslaan. Vele pryse was op die spel wat in sonnige weersomstandighede gespeel is met die inskrywingsfooi wat R100 vir seniors en R50 vir juniors beloop het.
Een van die juniors slaan die bal vanuit die bosse.
Jean Neethling slaan af. Foto: Wyndham Ewerts
Aksie op die bowwe.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Karoo nuus'