OUDTSHOORN NUUS - SA Jagters Oudtshoorn het Saterdag 30 Mei hul derde 21 Black Jack-gongskiet-geleentheid aangebied.
Volgens Rob Fisher is dié unieke Modified 21 Black Jack-gongskiet saam met 'n .22-gongskiet vir liefhebbers van kleiner kalibers aangebied.
Altesaam 21 skuts het deelgeneem, waarvan slegs ses al die gongs suksesvol kon raakskiet.
Die deelnemers moes ses gongs, wat wissel van 300 mm tot 50 mm, op 'n afstand van 400 m raakskiet. Elke skut het 12 skote gehad.
Fisher verduidelik dat skuts hul punte op die laaste twee gongs kon verhoog indien hulle nog skote oor gehad het.
Phillip Streicher van Stilbaai is as die algehele wenner aangewys met 33 punte, terwyl Thys Matthee van Oudtshoorn tweede geëindig het. Mark Kalell het derde geëindig.
Phillip Streicher van Stilbaai het die skietdag gewen. | Mark Kalell was derde. Saam met hom is Rob Fisher. Foto's: Verskaf |
Die ander skuts wat die geleentheid voltooi het, was Georgiete Gerhan Archer, Poen de Bruyn, asook Raymond Victor van Oudtshoorn.
Volgens Fisher was die dag 'n groot sukses en is dit met 'n gesellige braai afgesluit. Hy het ook die borge bedank wat tot die sukses van die geleentheid bygedra het.
Vir meer inligting oor SA Jagters kan Rob Fisher by 083 284 8462 gekontak word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’

