TUINROETE | KAROO NUUS - Die Red Rock Raceway-ovaalbaan in Oudtshoorn het verlede Saterdag uit sy nate gebars by die SA-ovaalbaankampioenskap wat duisende motorgeesdriftiges van regoor die land gelok het.
Die geleentheid, wat twee plaaslike nasionale kampioene, Leno Muller en Hendricus Botha, opgelewer het, is deur Anroux Marais (Wes-Kapse minister van kultuursake en sport) en Chris Macpherson (burgemeester van Oudtshoorn), geopen.
Daar is vooraf gevrees dat gure weer die sportskouspel in die wiele sou ry, maar gelukkig was die weergode Oudtshoorn genadig en het die eerste sarsie druppels eers Sondagmiddag geval.
Diegene wat nie die wedrenne kon bywoon nie, het ook die opsie gehad om die aksie regstreeks aanlyn te kyk. Die klasse wat meegeding het was Heavy Metals, 1660's, V8's, 2,1-klas en Hotrods.
Van links is Chris Macpherson (burgemeester), Anroux Marais (minister van kultuursake en sport) en Dirk van der Westhuizen (organiseerder).
Albert Olivier het met die louere weggery in die V8-klas.
So het onderskeie klasse gevaar:
- Heavy Metal
- Leandro Leno Muller (Oudtshoorn)
- Pierre vd Berg
- Francois Smit
- Hotrod
- Shaun Potgieter
- Dewald Ranft
- Joe Zogby
- V8's
- Albert Olivier Jnr
- Riaan Jacobs
- Nico Breytenbach
2.1-klas
- Hendricus Botha (Oudtshoorn)
- Raniël Koegelenberg
- Brennon Green
- 1660-klas
- Marthinus Muller
- Nathan van Breda
- Jaco Pitout
Shaun Potgieter was bobaas in sy Hotrod-klas.
Hendricus Botha het skoonskip gemaak in sy 2.1-klas.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’